-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ná 26 jaar se getroue diens by Laerskool Krugerpark se administratiewe afdeling, groet Annetjie Maree die Krugies om af te tree.
Sy is reeds 42 jaar getroud met Mynhardt Maree voorheen adjunkhoof by die Waterbergskool totdat hy met pensioen uit die onderwys getree het.
Die egpaar het twee kinders, Manie en Sunè (albei getroud) en is die trotse Ouma en Oupa van vyf pragtige kleinkinders. Die egpaar sien nou uit na ‘n tyd van rus en dinge doen waarvoor daar nie voorheen tyd was nie.
0 Comments