-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Willem Botha is ‘n bekende gesig in die Maribashoek-omgewing. Baie mense sien hom elke dag langs die pad waar hy sy stukkende grassnyer stoot.
Willem is met ‘n gebrek gebore en gebruik die stukkende grassnyer om hom te help ballanseer terwyl hy sy daaklikse 8km roete aflê. “Ons het dit toe goed gedink om ‘n kar te bou wat reg is vir die grondpad, dit het sy naam nommerplaat, ‘n water botel en pakplek vir sy bagasie en glimplakkers is vir sy veiligheid,” vertel Gido de Mendonca, een van die inwoners van Maribashoek wat hulle oor Willem ontferm het.
“Hy geniet die kar en dit maak ons almal se harte bly,” vertel Gido. “Ons dank Arend Bergwag, Piet Venter en Aubrey Nel, Noise boys, John T wheel alignment, MSK Mega staal konstruksie, Action plastics en Rand cycle vir hul hulp en ondersteuning met Willem se karprojek.”
0 Comments