-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Honde en hul base het Saterdag opgeruk na die Lephalale winkelsentrum vir die Potepêlle troeteldierskou om vir die plaaslike DBV fondse in te samel.
“Die DBV het altyd geld nodig om ons in staat te stel om diere te versorg. Geld wat ingesamel word, help ons om kos, komberse en speelgoed vir die diere te koop,” het Wanita Williams, voorsitter van die Lephalale DBV tydens die geleentheid gesê. Behalwe vir die hondeskou is die publiek vermaak deur Ellisras Laerskool se trompoppies, die Mabalane Seleka Tegniese skoolkoor en die dorp se eie Michael Jackson, ook bekend as Wacko.
0 Comments