-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Wildtelers, Johan and Elriza Koen van Koedoes Ruhe in Marken, het saam met Vleissentraal afslaer, Neil Swart, geskiedenis gemaak toe ‘n nyalabul tydens hul eerste produksieveiling by Oljaco se krale in Vaalwater teen R1,65 miljoen verkoop is.
Die nyala is gekoop deur die bekende wildteler, Piet du Toit van Hunky Dory Beleggings. Na afloop van die veiling het Swart gesê dié prys laat die vorige nyalarekord van R83 000 soos kleingeld lyk.
Coena Smith Jnr. van Oljaco wildshandelaars het die pragdier toevallig tydens die vangproses opgemerk. Hy het dadelik besef dat hy hier met ‘n wêreldklas nyala te doen het. Hierdie bul het die Rowland Ward rekord van 33 duim met byna twee duim geklop met ‘n horinglengte van 34 5/8 duim.
Die bul se buitengewone hoogte en kleur het telers eers laat gis of dit ‘n volbloed nyala is, maar drie onafhanklike veeartsenykundige kenners het die nyalabul opreg verklaar. ‘n Vierde lid van die paneel het egter steeds getwyfel. Die verkopers het toe besluit om DNA toetse op die bul uit te voer om sy opregtheid te bevestig en die transaksie sal eers as afgehandel beskou word wanneer die DNA die dier se status as opregte nyala bevestig.
Dit is die eerste keer dat so iets in Suid-Afrika gebeur.
0 Comments