<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dis Kierieklapper tyd!

 
News : 08 Aug 2013 188 Viewed 0

Steve Hofmeyr, Snotkop, Die Campbells en Nadine is van die kunstenaars wat gaan optree by vanjaar se Kierieklapper Kunstefees vanaf 8-10 Augustus in Mokopane.
Die feesterrein op Hoërskool Piet Potgieter se sportgronde maak dit, soos verlede jaar, moontlik vir sowat 20,000+ feesgangers om gemaklik op die terrein te beweeg. Vir minimale hekgeld is alle produksies en kunstenaars wat op die Mutual & Federal Agri Buiteverhoog op die feesterrein aangebied word, gratis te sien.
Die fees skop op Donderdag, 9 Augustus af met Kiereklapper kreatiwiteit werkswinkels wat aangebied word deur die VLU. Laerskool Krugerpark se trompoppies, Zane se Dansskool en ‘n Veldorkes (field band) gaan die fees open met hul optredes. Donderdagmiddag is ’n Country-middag met Dion Lerm, Zandre, Katryn en die Country konings en Die Campbells op die buiteverhoog.
Vrydag kan die kleinspan naderskuif vir Tjiff en Tjaff, Liefste Kayla en Storiesambreel. Storiesambreel dwarrel op die feesterrein rond met haar sambreel wat van verfrissende storie-stortreën drup. Gun jouself hierdie gratis sprokie-oomblik: Kies een van die 2 tot 3-minuut stories en kry ‘n tong-in-die-kies, knipoog, lekkerlaf, sjarmante en betowerende vertelling uit die storiestasie.
Blue Flame Entertainment gaan deur die loop van die fees kinders vermaak met ballonvou, gesigverf, poppekas, dans-, karaoke- en inkleur kompetisies, TV-speletjies, DVD stasie en baie meer in die kinderarea. Vrydagaand behoort aan Nadine en Snotkop. 
Saterdag se program word afgeskop met die gewilde 5- of 10km pretdraf/stap vroegoggend. Dit word gevolg deur ‘n lekker saamkuier met kunstenaars, Johan Yssel (kulkunstenaar), MarNet, Take 5 Comedy – Local is Lekker Nr. 1 en Natasha Joubert. Die aand gaan Steve Hofmeyr feesgangers aan sy voete hê, so maak seker jy is deel van die fees van vroegoggend tot laat.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube