<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot loop maak plek vir fietsmarathon

 
News : 16 Aug 2013 93 Viewed 0

Kansa Mokopane gaan nie hierdie jaar die tradisionele Loop van Hoop aanbied om fondse in te samel vir die organisasie nie, maar gaan in samewerking met Debtsafe en ander borge op 12 Oktober ‘n bergfietswedren en opwindende program vir oud en jonk by die Mokopane Wildteelsentrum aanbied.
Fietsryentoesiaste moet dus hul bergfietse afstof want die baan word reeds uitgelê en beloof om fietsryers deur van die mooiste dele van dié stuk naturrerfenis te neem. Vir die hardekoejawel fietsryers is daar ‘n 55km roete en vir die wat nie heeltemal daarvoor kans sien nie, maar tog ‘n bietjie wil sweet, ‘n 30km roete. Dan is daar ‘n 10km wedren vir almal wat wil saamry en die saak wil ondersteun sonder om mildsteek te kry.
Die 10km roete is ook ideaal vir gesinne met kleinerige kinders. Behalwe vir die fietswedren gaan daar ook ‘n lekker kuierprogram oor die loop van die naweek aangebied word. Daar gaan stalletjies wees waar mense allerlei lekkernye en snuisterye kan koop en verkoop, die organiseerders beplan ‘n nagstap en a spinnathon asook ‘n lekker braai waar mense braaipakkies kan koop en bykosse voorsien word.
Daar sal ‘n toegangsfooi by die Wildteelsentrum se hek wees vir lede van die publiek wat nie aan die fietswedren deelneem nie, maar fietsryers se toegang is gratis. Inskrywingsfooie vir die fietsrenne is as volg: 55km - R140, 30km - R120, 10km - R60.
Hoewel daar op die dag ingeskryf kan word, kan belangstellendes nou al by www.cycleevents.co.za inskryf vir hierdie wedren wat ook by Fietsry Suid-Afrika (CSA) gerigestreer is.
Hou die Noordelike Nuus dop  vir meer inligting oor die volgende paar weke.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube