<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kansa kwilt gaan Louis Trichardt toe

 
News : 16 Aug 2013 96 Viewed 0

Die kwilt wat Mokopane se kwiltersgroep, die Loslappies, byna ‘n jaar gelede aan Kansa geskenk het om te gebruik in ‘n fondsinsamelingsprojek is Saterdag tydens die Kierieklapper Kunstefees gewen deur Driekie Vorster van Louis Trichardt.

Die trekking is Saterdag deur Andries Hurn van Kansa en Johanna de Bruyn van die Loslappies by die Kansa stalletjie behartig.
Die projek was ‘n reuse sukses en daar is net meer as R10 000 deur lootjieverkope ingesamel. Lootjies vir die 2,15m x 1,5m handgemaakte kwilt is regoor Limpopo ver-koop.
Die projek het begin by Ina Jones wat in Zimbabwe gebly het, ‘n besige vrou met baie stokperdjies en gemeenskapsaktiwiteite. Toe sy uitvind sy het kanker, het sy geglo gebed sou haar red en sy het alle mediese behande-ling gewyer.
Om haar deur die goeie en slegte tye te help het sy besluit om ‘n Baltimore kwilt te maak. ‘n Kwilt waarvan al die elemente op die agtergrondblokke met die hand vasgeappliek word.
Sy het al die fokusblokke afgehandel, maar kon die kwilt nie voltooi nie. Sy is gedurende die Paastyd van 2003 oorlede. Haar man het toe die onvoltooide kwilt aan haar vriendin en lid van die Loslappies, Marie Metcalf, van Sterkrivier gegee om te voltooi.
Die Loslappies het besluit om dit aan Kansa te skenk. Die kwilt herdenk Ina se lewe, haar positiewe gesindheid, haar dapper benadering tot haar gesondheid en haar onwrikbare geloof in God.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube