<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Piet Pot toneel wys stadskole hoe!

 
Die tegniese span wat saam goud gekry het vir die produksie is van links: Jan Barwise, Jan-Hendrik van der Wateren, Rudolf Jacobs en voor staan Jana-Lené van Eck.
News : 23 Aug 2013 237 Viewed 0

Hoërskool Piet Potgieter se toneelproduksie, Mallewales, is Saterdag 17 Augustus gekroon as die ATKV tierner-toneelkompetisie se Gauteng-Wes streekwenners. Hul het opgetree in die Promusica Teater in Roodepoort waar hulle van die land se top skole - as dit kom by toneel en dramaprestasies - uitgestof het. 
Pedro Kruger, Retha Pool en Gustav  Gerdener was die beoordelaars.  Iné Vorster en Megan Smuts verdien goud asook die produksie en regie wat behartig is deur Yvette Wessels en Amy van Deventer. Tien skole in die land met die hoogste gemiddeld gaan na Aardklop toe genooi word.

 

 

 
 

Megan Smuts speel ‘n roekelose waaghals met ‘n ooraktiewe verbeelding in die psigiatriese inrigting.
Iné Vorster vertolk die rol van ‘n kinderlike psigiatriese pasiënt met ‘n grusame verlede in Mallewales.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube