-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
OK Grocer Marula in Lephalale is aangewys as een van ses finaliste wat in die OK Grocer kategorie meeding vir die titel van OK se Franchisee van die Jaar 2013.
'Jy moet weet wat jy wil doen met die besigheid, in watter rigting jy dit wil stuur en hoe jy dit daar gaan kry. Natuurlik moet jy ook passie hê om die besigheid te dryf en sodoende sukses te behaal.” So het Chris Coelho van OK Grocer Marula geantwoord to hy gevra word wat dit verg om ‘n suksesvolle besigheid aan die gang te hou.
Chris is baie opgewonde oor die nominasie: “Ek voel geëerd en bevoorreg. Sonder die personeel is die winkel niks en sou ons nooit sovêr gekom het nie. Ons doen altyd ons bes om die OK vlag hoog te hou.”
0 Comments