<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Veediefstalsindikaat in Waterberg

 
Die vragmotor word verbind met R2,1 miljoen se veediefstal landwyd en is onlangs by die Kranskop tolhek afgeneem.
News : 23 Aug 2013 135 Viewed 0

Die polisie ondersoek gerugte dat  boere in onder andere die Waterbergdistrik geteiken word deur ‘n veediefstalsindikaat. 
Volgens die polisie se veediefstaleenheid kon ‘n voertuig verbind word met sowat R2,1 miljoen se veediefstal landwyd.
Op 7 Augustus is beeste ter waarde van R510 000 by die Kranskop Toll plaza naby Modimolle gesteel en op 15 Augustus  is 25 Brahman koeie ter waarde van R500 000 naby Mokopane gesteel. 
Die sindikaat kan ook moontlik verbind word met verskeie ander voorvalle van veediefstal in Gauteng.
Volgens Willie Clack van die Veediefstal Forum in Gauteng is veediefstal sedert Junie skerp aan die toeneem. 
“Veeboere het nie net 'n verlies aan die diere wat gesteel word nie,  maar die lewensvatbaarheid van veeboerdery en voedselsekuriteit word hierdeur geraak.”
Enigeen met inligting oor die vragmotor of verdagtes wat by veediefstal betrokke is, kan kaptein Herman Lubbe van die Modimolle veediefstal eenheid by 084 515 6925 bel.
Lubbe het Woensdag aan Noordelike Nuus gesê dat daar beslis ‘n toename in veediefstal die afgelope paar maande in die Waterbergomgewing is. Hy waarsku dat boere wie se laaibanke sigbaar van die pad af is, dikwels geteiken word.
“Hierdie sindikaat knip eenvoudig die drade en gebruik die boer se eie laaibank om beeste op die vragmotor te laai.”
Die publiek word gevra om op die uitkyk te wees vir ‘n wit vragmotor met ‘n blou paneel aan die agterkant wat moonlik  met die voorvalle  verbind kan word.

 

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube