<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

“Misdaad in Onverwacht ‘n kopseer” - GPF

 
News : 23 Aug 2013 242 Viewed 0

Vier verdagtes is verlede Woensdag in Marapong op aanklag van huisbraak in hegtenis geneem. Die verdagtes kan vermoedelik verbind word met verskeie inbrake in Onverwacht. By ‘n onlangse gemeenskapspolisiëringsforum-vergadering is die polisie gelukgewens met die inhegtenisname.
Volgens die forum is die verdagtes se voetspore vanaf ‘n huis in Onverwacht waar daar ingebreek is tot waar die verdagtes in Marapong woon, gevolg.
Die Lephalale polisie waarsku dat misdadigers in groepe van vier of vyf rondbeweeg om huise in veral Onverwacht te teiken.
Daar is ook die afgelope maand ‘n skerp toename in huisbrake langs die Mogolrivier. Hier wil dit blyk of verdagtes teen die rivier langs loop en wag tot inwoners die huis verlaat voordat hulle helder oordag toeslaan.
Kommer is ook by die vergadering uitgespreek oor dele in Onverwacht wat nie goed genoeg belig word nie. Volgens adjudant-offisier Joep Joubert is die Mogol gholfbaan ‘n geskikte plek vir misdadigers om ongesiens in die omgewing rond te beweeg. ‘n Insiatief deur EZT Communication en die polisie om minstens een keer ‘n maand in die nag met vierwielfietse op die gholfbaan te ry, is onlangs van stapel gestuur.
Nog ‘n saak wat by die GPF vergadering aangeroer is, is die reg van ‘n individu om ten tye van ‘n motor-ongeluk daarop aan te dring dat die ander persoon se alkoholvlakke getoets word. Albei partye sal dan na die Ellisras hospitaal geneem word waar beide se alkoholvlakke getoets sal word.
Die volgende GPF vergadering is Donderdag, 19 September, om 14:00 by die Mogolklub.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube