-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Bloubulondersteuners moet beslis nie die veiling by Laerskool Bosveld Primary se gholfdag op 14 September by die Mogolklub misloop nie. Een van die items wat opgeraap kan word, is ‘n geraamde Bloubultrui wat onlangs deur die span geteken is.
Handtekeninge van verskeie Springbokke soos Morné Steyn, Francois Hougardt, Flip van der Merwe, Juandré Kruger, Wilhelm Steenkamp, JJ Engelbrecht, Chillyboy Ralapelle, Werner Krüger en Zane Kirchner pryk daarop. Die veiling sal vanaf 21:00 by die gholfklub gehou word en diegene wat per telefoon wil bie moet die skool skakel met hulle kontakbesonderhede. ‘n Bod kan ook vooraf by die skool gemaak word, waar die trui tans gesien kan word.
Wat Laerskool Bosveld Primary se gholfdag so uniek maak, is dat spelers nege gaatjies in die dag speel en dan weer nege gaatjies in die aand – ‘n resep vir groot pret! ‘n Heerlike middagete en aandete word ingesluit en elke speler stap aan die einde van die dag met ‘n prys weg.
Besighede wat putjies vir die dag se gholf wil borg, kan gerus vir Lizette Perrier by 0828573559 bel. Inskrywings vir ‘n vierbal kan by Marlene Lotter by die skool gemaak word. Bel haar by 014 763 2860.
0 Comments