<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boere dalk só hul plase kwyt

 
News : 10 Sep 2013 187 Viewed 0

Voorstelle deur parlementslede wat deel  uitmaak van  ‘n groenskrifwerkgroep, dat plaaswerkers aandele in plase moet kry, het landbou-unies baie bekommerd.
Die voorstel is gemaak tydens ‘n vergadering verlede Dinsdag om verblyfsekerheid vir plaasarbeiders te bespreek. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri-SA, sê daar is voorgestel dat plaaswerkers wat byvoorbeeld 10 jaar op ‘n plaas werk, 10% aandeel in die plaas moet kry. Vir 20 jaar se diens sal ‘n arbeider 20% te kry.
De Jager sê verteenwoordigers van Agri-SA was geskok toe dié radikale voorstelle skielik gemaak is. “Die komitee vergader al ‘n geruime tyd en almal betrokke  is dit eens dat onregverdige afsettings nie geduld moet word nie, maar hierdie voorstel het verrykende implikasies en daarom het ons dit teengestaan. Die nasionale waarde van landbougrond is R155-miljard terwyl landbouskuld tans R86-miljard is. Hoe kan ‘n boer aandele weggee as die bank die grond besit? Hierdie besluit sal in konsultasie met nasionale banke en die Landbank gemaak moet word. Hoe dan ook gemaak as jy meer as 10 arbeiders het wat langer as 10 jaar by jou werk? Wat bly oor vir die boer?”
Volgens de Jager is landbou-unies drie weke kans gegee om met alternatiewe voorstelle vorendag te kom. Hy meen dat die voorstel, wat volgens hom baie sterk deur die minister gedryf word, weereens ‘n manier is om stemme te werf voor die 2014 verkiesing.
Voorsitter van Agri-Lephalale, Francois van den Berg, meen ook dat die voorstel in meeste gevalle nie haalbaar is nie. “Boere in ons omgewing boer oor die algemeen te klein om aandele in hulle plase weg te gee. Ek kan ook nie sien hoe die grondwet dit sal toelaat dat die regering aan ‘n besigheid voorskryf aan wie aandele gegee moet word nie.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube