-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dit is nou al byna twee jaar vandat Noordelike Nuus by die die munisipaliteit navraag gedoen het oor die dorp se vervalle infrastruktuur. Hierdie week het die kwessie weer onder die loep gekom toe ontevrede inwoners geskakel het om te kla oor rou rioolwater wat in Rabe-, Totius- en Hoogestrate in die pad afvloei.
Die riool kom van die Voortrekker hospitaal af waar dit in Potgietersrus Laerskool se terrein by ‘n mangat uitborrel soos ‘n fontein en dan in die pad afloop.
Hy is moedeloos en raadop oor die swak diens van die Mogalakwena munisipaliteit, sê DA raadslid, Korny Dekker.
Dekker het daarop gewys dat die inwoners hul efbelasting en water en elektrisiteit betaal, maar steeds nie die diens kry wat ‘n mens sou verwag nie.”
"Kyk net na die oop stormwatergate, mangate sonder deksels, die verwaarlose toestand van parke en hoe sleg lyk die teer en grondpaaie. Word die slaggate wel
reggemaak, los die werknemers van die
munisipaliteit die rompel vir maande net so op die sypaadjie.”
Dekker doen ‘n beroep op al die
inwoners om nie met oogklappe rond te loop nie en gewoond te raak aan die swak diens nie, maar saam te staan in die stryd om die dorp skoon en netjies te hou.
Teen druktyd Woensdag het die munisipaliteit nog nie reageer op Noordelike Nuus se navrae hieroor nie.
Die munisipaliteit het wel vroeër vanjaar aangedui dat daar gesoek word na ‘n verskaffer van betondeksels vir mangate aangesien die ou gietysterdeksels gesteel word so vinnig as wat dit geïnstalleer word.
Noordelike Nuus het gaan kyk of dit wel so moeilik is om sulke verskaffers op te spoor. National Manhole Covers, Rocla Products, Marx Concrete Products en Van Stone verskaf almal beton en polimeer mangatdeksels. Al hierdie maatskappye het hoë SEB graderings en kan landswyd aflewer.
0 Comments