-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
‘n Splinternuwe skool, bekend as Koedoesrand Akademie, en kleuterskool (Koedoekalfie Kleuterskool) word beplan vir die Baltimore-omgewing.
Registrasie vir die skool het reeds in
Augustus begin en as alles volgens plan verloop sal die skooltjie sy deure in Januarie 2014 oopmaak. “Die naaste Afrikaanse skool vir inwoners in die Marken-Baltimore omgewing is 80-100km ver,” verduidelik Bardina van Rensburg van Authentic African Adventures wat in die gebied woon.
Sy sê die boere-gemeenskap van die
gebied het ooreengekom om saam te werk en die skool vir die Koedoesrand-distrik op die been te bring. “Ons is tans besig om te adverteer vir bevoegde onderwysers wat kan help om ons leerders die beste
moontlike onderwys te bied.”
Die nuwe skool, wat vir eers in ‘n gebou langs die Baltimore-boeresaal geleë sal wees, sal die Impak-onderwys stelsel volg. Impak is ‘n nasionaal-erkende tuisonderrig skool-kurrikulum wat mik om kinders toe te rus vir die toekoms.
Enigeen wat belangstel om meer uit te vind, kan die skool kontak by 083 645 3082. Gekwalifiseerde onderwysers wat wil aansoek doen vir poste by die skool, kan gerus die advertensie elders in die Noordelike Nuus sien vir meer inligting.
0 Comments