-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Koperdiefstal het in die Lephalale-omgewing die afgelope paar maande skerp toe-geneem en dit is veral Tom Burke se boere wat geteiken word.Kaptein Ronel Dickenson, stasie be-velvoerder by Tom Burke, sê transformators word gereeld beskadig om die groot hoe-veelheid koper wat daarin voorkom te steel.
“Boere lei baie skade en sit soms vir dae sonder krag. Ons het bloot nie genoeg mannekrag en voertuie om orals uit te kom nie, daarom vra ons boere om op die uitkyk te wees vir verdagte voertuie.”
Dickenson waarsku dat koperdiewe dikwels maak asof hulle motor langs die pad gebreek het. So verken hulle die area.
Sy vra boere om registrasienommers aan die polisie te verskaf. Sy waarsku egter dat boere nie sommer by ‘n vreemde motor moet stop en die insittendes konfronteer nie.
“So iets kan die boer se lewe in gevaar stel. Net ‘n registrasienommer kan ons al klaar baie help om koperdiefstal te be-kamp.”
Die Tom Burke polisiekantoor kan bereik word by 014 7671160, of skakel die Lephalale polisiekantoor by 014 762 1000.
0 Comments