-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vossie Vosloo, een van die klein groepie spoorsnyers wat as spesialis reserviste byna weekliks help om renosterstropers, vee-
diewe, gewapende rowers en plaasaanvallers in Limpopo aan te keer, moes Dinsdag in die streekshof in Mokopane verskyn op ‘n aanklag van poging tot moord.
Die klag spruit uit ‘n voorval in Oktober 2012 toe die Spoorsnyers saam met permanente lede van die polisie op die spoor van veediewe was.
Die onafhanklike klagte direktoraat het besluit om Vosloo aan te kla nadat twee vee-diewe tydens hierdie polisieoperasie gewond is.
Die saak is tot 19 September uitgestel omdat die polisie nie vir Vosloo regshulp gereël het nie. Hy was aan diens ten tye van die voorval - die hof het dus gelas dat daar eers vir Vosloo ‘n regsverteenwoordiger aan-gestel word voordat die saak gehoor word.
Een van die ander Spoorsnyers, Ben Engel-brecht, het Dinsdag buite die hof opgemerk dat hierdie saak ‘n waterskeiding vir die vier reserviste sal wees.
Die Spoorsnyers is welbekend vir hulle suksesse met die opspoor en arrestasie van geharde misdadigers. Hulle plaas hulself weekliks in lewensgevaar op die spoor van hierdie kriminele. “Onthou, wanneer ons na iemand begin soek, het hulle alreeds gemoor, verkrag, vermink of geplunder. Ons word byna weekliks uitgeroep en daar word minstens een uit drie keer op ons geskiet,” het Engelbrecht Dinsdag vertel.
Die Spoorsnyers kry ook geen befondsing nie, nie van die staat af nie en nie van private ondernemings af nie.
Elkeen van hulle ploeg sy eie geld tyd en energie in die stryd teen misdaad in.
Boodskappe van bemoediging het hierdie week op die Spoorsnyers se Facebook-bladsy ingestroom met lede van die publiek wat vra dat hulle sal moed hou en voortgaan met hul vrywilligerdiens aan die gemeenskap.
0 Comments