<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Dr Mulder gesels met Waterberg boere

 
Dr Pieter Mulder, Adjunk Minister van Landbou
News : 13 Sep 2013 79 Viewed 0

Dr Pieter Mulder, Adjunk Minister van Landbou, het verlede Woensdag boere van die Waterberg omgewing in Vaalwater toegespreek. Hy het boere verseker dat hy namens die boer op parlementsvlak onderhandel, maar het gemaan dat boere kennis moet neem van besluite wat op parlementsvlak gemaak word.
Mulder meen dat Suid-Afrikaanse boere vandag voor verskeie uitdagings staan. “Landbou het ‘n groot impak op Suid-Afrika se Bruto Nationale Produk en verskaf werk aan duisende mense. Dit plaas baie verantwoordelikheid op boere se skouers. ‘n Verdere uitdaging is die persepsie oor grond - die gedagte dat dit maklik is om jou eie stuk grond te besit. Om grond te onderhou is baie duur en die nodige kennis en vaardighede om dit winsgewend te bestuur sit nie in elke man se broek nie.”
Hy meen ook dat voedselsekerheid in Suid-Afrika bedreig word, omdat al hoe meer boere, boerdery laat vaar. “Volgens huidge statistiek voorsien elke kommersieële boer tans 1 100 mense van kos.  Dus hoe minder boere ons het, hoe meer druk sal op die oorblywende boere geplaas word om bekostigbare kos te verskaf.”
‘n Vierde baie belangrike uitdaging vir die boer is vei-ligheid. Mulder sê dat elke moontlike veiligheidsmaatreël op individuele vlak toegepas moet word.  Hy sê ook dat goeie samewerking met die SAPD belangrik is, sowel as samewerking met ander boere en ander rolspelers in die omgewing.
Die rol wat grond in politiek speel, is veral met die verkiesing in 2014 ‘n teer saak.
“Daar word daagliks in die media baie goed publiseer wat slegs as politieke propaganda en stereotipering gesien moet word.  Politici oorvereenvoudig stellings oor boere en landbou en gebruik dit as politiese hulpmiddels,” meen Mulder.
Mulder sê dit het al herhaaldelik gebeur dat landboubesluite op emosies en nie feite gebaseer was nie.  “Dit moet verander en werklike syfers moet weer gegee word.”
“Boere is onder druk en moet leer om saam te staan en saam te werk. Sake soos invoere, waterheffings en kompeterende pryse moet deur georganiseerde landbou met die parlement en ministers gekommunikeer word.”
Mulder het die praatjie afgesluit met die woorde: “Bid en vertrou op God.  Glo dat Hy by jou sal bly. Maar werk ook, en moenie net terug sit en hoop op drastiese ingrypings nie”.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube