-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Tina Cowley Leessentrums het ‘n nasionale projek geloods om fondse in te samel vir minder-bevoorregte kinders met ‘n leesgestremdheid. Vir hierdie inisiatief, het hulle hande gevat met die dubbel platinum-verkoper vokale kwartet Romanz.
Romanz is veral in Europa en die Verenigde Koninkryk bekend, asook in Monaco, waar hulle tydens die koninklike troue van Prins Albert en Prinses Charlene opgetree het.
‘n Reeks optredes van Romanz gaan landswyd gehou word om fondse in te samel om minder-bevoorregte kinders met ‘n leesgestremdheid, die geleentheid te gee om gespesialiseerde hulp te ontvang van die hoogsopgeleide span fasiliteerders van die Tina Cowley Leessentrums, om sodoende hulle leesvaardigheid te verbeter.
Die Tina Cowley Leessentrumsbied ‘n oplossing vir die toenemende leesprobleme en swak leesstandaarde wat op ‘n landswye vlak voorkom. Die Tina Cowley module ondersteun ook ander lees-uitdagings, soos byvoorbeeld, professionele persone in die korporatiewe wêreld wat hulle leesspoed wil verbeter, sowel as top-lesers wat hulle volle potensiaal wil bereik.
Een van die lede van Romanz was as te ware met ‘n ‘lied in sy hart’ gebore. Toe hy as kleuter begin lees het, het hy al sy sinnetjies gesing, maar met die hulp van ‘n Tina Cowley Leessentrum is hy gehelp om behoorlik te lees en vandag lees en sing hy met ewe groot sukses!
Romanz tree ten bate van hierdie projek op, in die N.G Hulp & Hoop Gemeenskapsentrum van Mokopane op 22 Oktober 2013 om 19:00.Kaartjies kan teen R120 gekoop word by Tina Cowley Leessentrum, H.F Verwoerdstraat of C&A – Mokopane Mall.
Vir enige verdere inligting rakende hospitaliteits-pakkette vir korporatiewe maatskappye, borgskappe (vir die projek of vir individuele minder-bevoorregte kinders) of rakende die optrede van Romanz, kontak asseblief Jolinda Cronjé, Tina Cowley by 082 338 3139 of
tomcronje@mweb.co.za.
0 Comments