-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ellisras Hoërskool se eerste krieketspan het Saterdag voor die eerste voëltjie tjirp al na Tzaneen vertrek om die span van Hoërskool Merensky te gaan krieket lesse gee.
In dié uitspeelwedstryd van die Limpopo skole se A-liga het die Rassies het eerste gekolf en maak toe 315 lopies bymekaar. CJ de Swardt was die beste kolwer met 56 lopies met Cameron Morgan kort op sy hake met 48. Zander van Rooyen het 37 lopies aangeteken, Henko Faber en Leon Haasbroek elk 29.
EHS se boulers het Merensky omtrent afgemaai. CJ de Swardt palm 4 paaltjies in, Ivan Vorster 3 met Leon Haasbroek en Johan Pitout elk 2. Die Rassies het met 67 lopies gewen met ‘n telling van 248.‘n Week na die skool weer begin het, speel hulle in die finaal teen Hoërskool Louis Trichardt om as wenner of naaswenner te eindig in Limpopo skole A-liga.
0 Comments