<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rekord Njala dalk ‘n baster

 
News : 20 Sep 2013 244 Viewed 0

Die eerste reeks DNA toetse het gewys dat die wêreldrekord njalabul wat Piet du Toit van Hunky Dory Beleggings op 27 Julie by die Koedoes Rhue produksieveiling in Vaalwater gekoop het, ‘n basterbok is.
Du Toit en die verkoper, Johan Koen van Marken, het na die eerste toetsuitslae ooreengekom om verdere toetse te laat doen en eers doodseker te maak van die bok se bloedlyne voordat daar ‘n besluit oor die dier se lot geneem word.
“Ons doen nou ook sommer vrugbaarheids-toetse om te bepaal of die dier sal kan teel,” het Du Toit Dinsdag gesê. Hy verduidelik dat baster diere dikwels onvrugbaar is.
Du Toit sê hy het werklik gehoop die eerste toetse bevestig dat die dier wel ‘n opregte Njala is. Dit sou die R1,65 miljoen veiling prys uit en uit die moeite werd gemaak het.
Die bok se langste horing is na afloop van die veiling gemeet - ‘n volle 35”. Dit is twee duim langer as die huidige njala wêreld-
rekord. “Dit is die ekwivalent van ‘n 73-duim koedoebul of ‘n gemsbok met horings van langer as 50 duim,” het Du Toit gesê.
Maar vir eers hang alles in die lug. Die transaksie is tegnies nog nie beklink nie. Die bok behoort nog aan Koen en Du Toit het nog niks betaal nie. Die transaksie sou eers voltrek word wanneer DNA toetse die opregtheid van die bok bevestig het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube