-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vicky-Lee Armstrong, ‘n Graad 6 leerder van Laerskool Bosveld Primary is onlangs gekies as ‘n finalis vir Miss Tiny and Tween of the world skoonheidskompetisie wat op 30 November in Pretoria beoordeel word.
Sy is tans besig met verskeie gemeenskap- en fondsinsamelingsprojekte vir die kompetisie.
As een van haar gemeenskapsprojekte wou sy graag aan haar skool teruggee. Sy het daarom ‘n borg gekry om Laerskool Bosveld Primary se media-sentrum te teel. Verdere fondse wat deur die finaliste ingesamel word gaan aan Feed a Child, en vir dié doel loot sy tans kaartjies vir die wen van 'n lappop en 'n groot teddy beer by die skool uit. Vicky-Lee het ook onlangs die Spring Limpopo Face of the year foto-kompetisie begin.
Vir meer inligting skakel gerus haar ma, Louise Armstrong by 083 651 7162.
0 Comments