-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Oom Faantjie Nel wat gereeld by die Piet Potgieter Monument Ouetehuis se funksies en gesellighede klavier gespeel het, is Saterdag-oggend op 83-jarige ouderdom oorlede.
Dit is maar ‘n week nadat sy broer dood is. Sovêr die tehuis personeel se kennis strek het Oom Faantjie geen familie wat meer in Mokopane woon nie.
“Ons weet net van ‘n stief sussie wat verlede week geskakel het om te laat weet dat sy broer oorlede is,” het Marthie Venter gesê. Oom Faantjie was in sy jong dae lid van ‘n boere-orkes. Hy het die laaste tyd moeilik gepraat en was die week voor sy dood glo baie swak. Teen druktyd kon daar nog nie vir hom ‘n begrafnis datum bevestig word nie.
0 Comments