<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boom val heining flenters

 
Machiel van Biljon se heining is aan flarde nadat ‘n groot ou bloekomboom soos die een in die agtergrond daarop geval het. Hy meen dit is die munisipaliteit se skuld.
News : 07 Oct 2013 86 Viewed 0

Machiel van Biljon van Maribashoek net buite Mokopane sit met sy hande in sy hare. Hy sê sy heining het in die slag gebly toe die Mogalakwena munisipaliteit meer as twee weke gelede (17 September) van die groot ou bloekombome langs die Maribashoek pad kom afsaag het.
Die heining hang pap en plek-plek is daar gate waaronder die klein perdjies wat hy aanhou gemaklik kan deurkruip. Verlede week moes hy weer inderhaas jaag om sy perde te gaan soek nadat ‘n motoris hom gebel het om te sê hulle loop in die pad. “Teen die tyd wat ons hulle gekry het was hulle amper al by die Zebediela pad!”
Van Biljon voel die munisipaliteit skuld hom ‘n nuwe heining, maar ander inwoners van die omgewing wys daarop dat die boom omgeval het as gevolg van wind en dat die munisipaliteit dit bloot kom opsaag en uit die pad verwyder het.
Die munisipaliteit het wel die ou bloekombome langs die pad geringbas om hulle te laat vrek. Dit mag wees waarom daar tot ‘n mate verantwoordelikheid geneem is vir die skade aan Van Biljon se heining, maar Noordelike Nuus het teen druktyd nog geen terugvoer van die munisipaliteit gekry nie. Die verantwoordelike persoon by die munisipaliteit is glo tans in die buiteland.
Intussen staan die perdjies op hok en moet hulle gevoer word. “Soos dit is is ek bevrees dat die merries moontlik in aanraking met ‘n groot hings kon wees wat my ‘n jaar van nou af probleme kan gee,” vertel Van Biljon. Hy wil graag ‘n teelprogram met die miniatuur ponies van stapel stuur.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube