-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
JC Botha van JC’s Archery in Lephalale is uit die hospitaal uit en terug op sy pos by die boogwinkel.
Boogskiet entoesiaste moes die afgelope twee maande sonder hul plaaslike boogjagkenner klaarkom toe JC skielik siek geword het.
Hy vertel dat die kwale toe al die tyd uit ‘n gebarste blindederm spruit. In die hospitaal het daar egter ander komplikasies opgeduik en JC was vir ‘n rukkie in intensiewe sorg.
Om sy kragte te spaar en die nodige rus in te kry om sy herstel te bespoedig sal die winkel in OR Tamborylaan vir eers net in die oggende oop wees.
0 Comments