<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kultuur leerders kry pryse

 
In die instrumentale musiekafdeling het Sulize van Rooyen, Zeldri Nel en Monique de Sousa trofeë ontvang vir hul prestasies.
News : 11 Oct 2013 232 Viewed 0

Hoërskool Piet Potgieter het verlede Woensdagaand sy kultuur leerders vereer tydens die jaarlikse kultuur prysuitdeling. Amy van Deventer wat aan die hoof van die skool se kultuur komitee staan het die kinders geloof vir hul harde werk en toewyding deur die jaar. Van Deventer het ook die ouers bedank vir hulle ondersteuning. Leerders wat uitsonderlik presteer het was van links agter: Sulize van Rooyen - toneel; Zeldri Nel - beste Bybel vasvra, voordrag, toneel; Megan Smuts - beste toneelspeler, beste mimiek; Jan-Gerhard Venter - redenaars; Iné Vorster - beste toneelspeler - beste voordrag; Rikus Strauss - beste byspeler; Jan-Hendrik van der Wateren - beste vordering in toneel. Voor: Jaco van Rooyen - redenaars; Mahlatsi Gwangwa - beste Bybel vasvra - nie moedertaal; Cecilia Engelbrecht - veelsydigste deelnemer aan Bosveld Kunstefees; Misha Peens - samespraak; Jana Kirchner - samespraak; Marina Vorster - beste hoofspeler op interhoër.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube