<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Cherise is Miss SA Schools 2013

 
News : 18 Oct 2013 119 Viewed 0

Laerskool Bosveld Primary Graad 7 leerder, Cherisé Mans is Saterdag by ‘n kroningsgala in Pretoria aangewys as Miss SA Schools 2013 in die kategorie Graad 5-7.
Voor die kroning moes Cherisé as een van die 10 finaliste verskeie projekte onderneem wat later beoordeel is. Een van haar projekte was ‘n klas kompetisie by haar skool om blikkieskos vir minderbevoorregtes in te samel. Honderde blikkies kos is op die manier ingesamel en aan Bravo Jeug oorhandig.
Op die dag van die kroning moes sy haar projekte asook die vlag wat sy gemaak het om haar skool te verteenwoordig aan beoordelaars bekendstel. Tydens die kroningsgeleentheid is daar ‘n onderhoud met haar gevoer, waarna sy ‘n pragtige aandrok op die loopplank gemodelleer het.
Na maande se voorbereiding en harde werk is Cherisé uiteindelik gekroon as die wenner in haar kategorie. As Miss SA Schools sal sy vir ‘n jaar lank verskeie liefdadigheidswerke doen en projekte behartig.
‘n Baie opgewonde Cherise het Maandag aan Noordelike Nuus gesê dit is haar droom om eendag professioneel te dans en modelwerk te doen.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube