<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wie vergiftig Koos se honde?

 
Koos du Toit en sy hond Taco
News : 18 Oct 2013 125 Viewed 0

Koos du Toit van JG Strydomlaan in Mokopane sê daar is die afgelope twee jaar nou al agt van sy geliefde Noord-Amerikaanse Indiaan honde vergiftig.
Die eerste hond is so twee jaar gelede dood. Toetse op stukkies hoendervleis wat hy in sy tuin opgetel het, het gewys daar was miergif in.
Later is slakgif gebruik. Dit het geblyk uit biopsies wat ‘n plaaslike veearts, Dr. Debbie Botha, laat doen het.
Du Toit sê hy is raadop. Hy sê die polisie wil nie laat hy nog ‘n hond wat vergiftig is rapporteer nie. Hulle wag glo vir forensiese toetse op die laaste hond van hom wat vergiftig is.
“Die DBV sê hulle kan my ook nie help nie.”
Hy was Dinsdag erg aangedaan toe hy met sy hond, Taco, by Noordelike Nuus se kantore opdaag. Die hond was maer, swak, onvas op sy voete en sy ore het gehang. “Ek gaan hom nou maar laat uitsit,” het Koos gesê.
Hy het swaar gesluk voor hy vertel het hoe die hond die laaste week agteruit gegaan het. “Hy eet nie meer nie en as hy iets probeer eet, braak hy dit net weer uit. Ek het hom elke dag met die teengif wat die veearts voorgeskryf het gedoseer, maar dit help nie. Hy het gisteraand bloed begin braak. Ek kan my hond nie langer laat ly nie.”
Du Toit sê hy is nie op goeie voet met sy bure nie. Hy vermoed die gif word met windbukse of so iets oor die muur geskiet - van waar af is hy nie seker nie. “Ek word in die nag wakker van die geskietery.”

 

 

 
 

Taco die hond
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube