-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mense wat buitelanders sonder die nodige verblyf-, werk- of studie permitte in diens neem of aan hulle akkommodasie verskaf sal stywe boetes opgelê word of kan selfs in die tronk beland. Dit was die waarskuwing van die departement van binnelandse sake se Maria van Staden tydens verlede week se GPF vergadering in Mokopane.
Ons het tot op hede nie die wet na behore toegepas nie, maar die departement gaan van nou af in alle erns fokus op hierdie onwettige immigrante.
Sy het gesê lede van die publiek is welkom om dokumente van werknemers of huurders na die departement kantore in Rabie straat te brink om die geldigheid daarvan te bevestig. “Dit is geen verskoning om te sê jy het nie geweet nie,” het Van Staden gesê.
Mokopane se waarnemende polisiestasie bevelvoerder, Lt.Kol. Isaac Mantjane het bygevoeg dat dit die polisie sal help as die publiek seker maak al die uitlanders wat hier werk is gedokumenteer. “Ons het baie probleme met inbrake en diefstal. In baie gevalle word hierdie misdade deur mense van ander lande gepleeg en ons het geen vingerafdruk rekords of verblyf rekords van hulle nie.”
0 Comments