-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Tydens die Tina Cowley leessentrum in Mokopane se negende jaarlikse prysuitdeling in Oktober is erkenning gegee aan elke leser wat by die leessentrum betrokke is.
Die leessentrum se Jolinda Cronjé het haar opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die ouers, lesers en gemeenskap. “Lesers is presteerders,” het sy trots hul leuse uitgespreek.
Elf lesers se Afrikaanse en Engelse lees is op standaard. J.S. van Heerden het die Tina Cowley Wisseltrofee ontvang.
Die leessentrum spog ook met vyf leerders van Hoërskool Piet Potgieter en Laerskool Krugerpark wat op 18 en 19 Oktober ‘n studiekursus bygewoon het. “Hoekom moet leer ‘moeilik’ wees? Leerders het geleer hoe om te studeer, op te som, te beplan en om makliker te onthou,” verduidelik Cronjé. “Daar’s gelag, geoefen en geleer.”
Leerders wat die kursus bygewoon het was dit eens dat dié kursus beslis die moeite werd was. Hulle kon nie wag om die leerwerk aan te pak nie. Elke leerder het ‘n sertifikaat ontvang.
0 Comments