<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS leerders vereer

 
Leon Haasbroek (Beste Senior Seun tennisspeler, Kaptein van die eerste krieketspan, Beste Veldwerker en Beste Senior Krieketspeler van die jaar) se oupa het spesiaal gekom en was baie trots op sy kleinseun!
News : 24 Oct 2013 430 Viewed 0

Ellisras Hoërskool het twee glansaande aangebied om leerders wat deur die loop van die jaar presteer het te vereer. Verlede Woensdag aand het die Graad 8 tot 10 leerders toekennings ontvang.
Charantè Snyman is die Graad 8 top akademiese presteerder met ‘n gemiddeld van 92.9%. Cliffie Els is aangewys as die Beste Junior kolwer en bouler en daarmee die beste Junior krieketspeler van die jaar. Barbara Emslie is die beste Junior Afrikaanse redenaar en Anke Erasmus het die hoogste gemiddeld in Graad 9 met 94.7%. Graad 10 leerder, Sanè Cornelius is aangewys as Beste Admin werker van die jaar in Noodhulp. Nico Janse van Rensburg kry ‘n trofee vir beste spel in ‘n Afrikaanse toneelstuk. Johan Pitout word aangewys as die sportman van die jaar en Beste Rugby-agterspeler. Kyla Strydom het die hoogste gemiddeld in die graad met 94.6%.
Donderdag aand is die Graad 11 en 12 leerders vereer. Gr 11 leerder Sorien du Plessis kry die trofee vir Beste Senior dogter Landloop. Nandri de Beer is die beste Afrikaanse redenaar en ook lid van beste debatspaar. Nadia Louw behaal die hoogste akademiese gemiddeld met 94%.  In gr 12 is daar 81 toekennings! Lezandro Claassen is die beste rugbyspeler, Mario Burger die Beste Golfspeler, Henrita van Wyk die beste dogters tennisspeler, Julia Modipa is beste netbal speler.
Ivan Vorster is die Beste Senior bouler. Leon Haasbroek is die Beste Senior Seun tennisspeler, kaptein van die eerste krieketspan, Beste Veldwerker en Beste Senior Krieketspeler van die jaar. Gerrit Peens is die Beste Senior seun in landloop en Ignus le Roux het omtrent ‘n kruiwa nodige gehad om al sy trofeë te ontvang! Hy het die hoogste graad gemiddeld van 92.4%. Alpheus Makgae ontvang ‘n trofee vir 12 jaar se lojale skool bywoning.
Die o/15 netbal meisies word vereer omdat hulle aangewys is as distrik wenners is en die o/15 rugbyspan wen nie net die liga nie, maar is ook Limpopo wenners en   vorder tot by semi-finaal van die Beeld trofee. Die eerste krieketspan het ook die Limpopo finaal gehaal en is saam met Hoërskool Louis Trichardt aangewys as Limpopo wenners.
Vir 2014 word daar komitee voorsitter gekies vir die Bestuurskomitee: Akademies Albie Grobler, Kultuur Nandri de Beer, Sport Christiaan Kruger, Sosiaal Charlotte Eckard, Orde en Dissipline Sorien du Plessis en Bemarking Tumelo Modimola. Die hoofleiers is Nadia Louw en Corman Vos. - Fransa de Beer

 

 

 
 

Cliffie Els: Junior kolwer en Bouler en Krieket Speler van die jaar.
Exxaro Beurse: Peet Reynecke: Meganies, Gerrit Peens Meganies, Thabiso Mokwena Civil, Ignus le Roux Elektries, Gerhard de Beer Chemies. Afwesig: Zander van Rooyen Meganies.
Kultuur persoonlikheid 2013: Nandri de Beer:
Sportdogter van die jaar: Marnè Wolstenholme.
Presidente vir 2014: Nadia Louw en Corman Vos.
Sportseun van die jaar: Johan Pitout.
Dux leerder en Rassie van die Jaar: Ignus le Roux: hy behaal ‘n gemiddeld van 93% en het onderskeidings in 9 vakke. Hy neem deel aan atletiek en krieket en was die 2013 president.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube