<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Elke boemelaar se droom...

 
Dora Oosthuizen maak haar teddy aan haar lyf vas sodat hy nie voete kry nie. Die lap om die kop is sommer vir die lawwigheid.
News : 24 Oct 2013 410 Viewed 0

Die atmosfeer was vrolik en die lag kliphard tydens die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se boemelaarsete verlede Vrydag. Lede van die dienssentrum het net vir die pret hulself soos boemelaars vermom en mekaar vermaak met die interessante uitrustings.
Volgens Estelle Hartzenberg, die dienssentrum bestuurder, was die dag ‘n groot sukses en was hulle aangenaam verras deur die
hoeveelheid lede wat hulle ondersteun het. Heerlike vis en tjips is bedien en almal het ook aan ‘n skattejag deelgeneem.
“Ons probeer gereeld om temas, vermaaklikhede en pret uit te dink vir ons lede,” sê Estelle. “Alhoewel ons lekker gelag het vir van die tannies se uitrustings het ons ook oor die ernstige tekorte wat sommige bejaardes in ons gemeenskap beleef gesels.”
Sy vertel dat die dienssentrum steeds bejaardes wat behoeftig is help waar moontlik en besighede aanmoedig om skenkings te maak om te help met die voedsel projek waarvan Noordelike Nuus hierdie jaar deel was.

 

 

 
 

Estelle Hartzenberg en Lenie Fourie. “Rook is sleg vir mens – hierdie sommer net vir die pret,” het Lenie vermaan!
Charlotte Bredel het die boemelaarstema werklik ter harte geneem
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube