<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ses op N1 aangeval

 
News : 24 Oct 2013 148 Viewed 0

Nog ’n voer­tuig is op die N1-snel­weg buite Mook­go­phong af­ge­dwing en die in­sit­ten­des be­roof en aan­ge­rand.
Dié voor­val het om­streeks 01:00 op Woens­dag, 9 Okto­ber, plaas­ge­vind nadat ’n bak­kie, waar­in ses mense ge­reis het, ’n pap wiel op­ge­doen het.
Klip­pe is in die pad ge­pak om die ry­vlak te ver­sper en die voer­tuig het oor die klip­pe ge­ry. Die ses in­sit­ten­des is van­uit die bos­se langs die snel­weg deur ’n groep mans aan­ge­val.
Die in­sit­ten­des, almal Zim­bab­wie­se bur­gers, was op pad in ’n noorde­like rig­ting toe die voor­val plaas­ge­vind het. Na­dat hulle uit die voer­tuig ge­klim het, is daar ver­skeie skote op hulle ge­vuur en die meeste van die in­sit­ten­des het op die vlug ge­slaan. Die man wat be­sig was om die band te her­stel, is oor die kop ge­slaan met ’n harde voor­werp en het ern­stige kop­be­se­rings op­ge­doen.
Die aan­val­lers het ’n sel­foon, sowat R28 000 kon­tant en ’n pas­poort ge­buit.
Die poli­sie is da­de­lik ont­bied. Hulle het ’n 9 mm No­rin­co-pis­tool in die veld daar na­by ge­vind.
Waar­sku­wings­bor­de is op Vry­dag, 18 Ok­to­ber, langs die N1-snel­weg aan­ge­bring om moto­ris­te be­dag te maak op die moont­like ge­va­re.
Die po­li­sie maan die pub­liek weer om onder geen om­stan­dig­he­de langs dié ge­deel­te van die snel­weg stil te hou nie.
AO. Mape Mo­di­ba het be­ves­tig dat vier sake in dié ver­band on­der­soek word. Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.
— LiN Nuus/Die Pos

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube