-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Nashua Mobile winkel in die Mokopane Mall het Maandagoggend onder ‘n groep gewapende rowers deurgeloop.
Hoewel niemand by die plaaslike tak of Nashua Mobile se streekkantoor in
Polokwane op die voorval wou kommentaar lewer nie, blyk dit dat daar ‘n klompie
selfone en skootrekenaars uit die tak se voorraad gebuit is asook fone en juweliers-ware van die personeel en drie kliënte wat tydens die rooftog in die winkel was.
Een van die slagoffers het by die
winkel ingestap toe die rooftog reeds aan die gang was.
“Ek het geen rede gehad om te vermoed die winkel beroof nie. Daar was net een swart man wat gelyk het of hy ‘n klant is wat vir diens wag. Eers toe ek binne is, het hy sy vuurwapen op my gerig en na die stoorkamertjie agter in die winkel geneem,” het een van die slagoffers Dinsdag aan Noordelike Nuus vertel.
“Daar in die stoorkamertjie het hulle [die rowers] ons laat plat lê en ons hande met ‘cable ties’ agter ons rûe vasgebind.” Die dame het bygevoeg dat dit sy en twee ander lede van die publiek was asook ‘n personeellid van Nashua wat in die
vertrekkie vasgebind is. Die ander Nashua werknemer was glo in Pick ‘n Pay ten tye van die voorval.
Volgens die sekuriteitsmaatskappy wat verantwoordelik is vir die winkel se alarmstelsel het een van die werknemers die paniek alarm laat sein nadat die rowers die toneel verlaat het.
Daar was aanvanklik net een rower wat by die winkel ingekom en almal met ‘n vuurwapen gedreig het.
Later was daar glo twee wat die mense in die stoortjie vasgebind het en volgens die polisie is hulle op soek na vier verdagtes wat vermoedelik by die rooftog betrokke was. - Jasper Raats (jasper@noordnuus.co.za)
0 Comments