<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ses vas na plaasaanval

 
News : 24 Oct 2013 468 Viewed By Valerie Cilliers 0

Puik speurwerk deur die Lephalale speurdiens het Dinsdag daartoe gelei dat ses verdagtes in hegtenis geneem is vir hul moontlike betrokkenheid by die plaasaanval op Vryplaas Saterdagaand. Tydens die aanval is Frans en Sandy Troskie ernstig beseer en is hulle selfone gesteel. Dit was juis Sandy se selfoon wat polisie speurders op die spoor van die verdagtes geplaas het.
Volgens polisie woordvoerder, adjudant offisier Frans Mokoena, het ‘n vriendin van Sandy, Lt Maryna Reynecke van die Lephalale speurdiens, gesien dat ‘n swartman se foto op Sandy se BBM-profiel verskyn. Die verdagte is in Marapong aangekeer, maar het aan polisie gesê dat hy die foon by iemand gekoop het. Hy was bereid om saam met die polisie te werk en het die verkoper se woonplek aan speurders uitgewys. Met die Polisie se aankoms by die plakkershut, het vyf mans wat almal saam woon die bosse ingehardloop. Almal is aangekeer en word tans ondervra.
Volgens die Polisie sal Frans en Sandy moontlik die mans in ‘n uitkennings-parade kan verbind met die aanval. Al ses mans is van Zimbabwe.

 

 

 
 

Beterskap-wense het hierdie week ingestroom vir Frans en Sandy Troskie wat Saterdagaand op Vryplaas net buite Lephalale deur vier booswigte met kapmesse (pangas) aangeval is.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube