-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Ons dorp word binnekort vereer met ‘n besoek van Professor Walter Veith, ‘n Duitse Afrikaner wat wêreldwye beroemdheid verwerf het vir sy navorsing op die effek van melk op die beenstruktuur van die mens.
Sy publikasies is in baie tale vertaal en TV-kanale regoor die wêreld saai hierdie briljante wetenskaplike se navorsing op ‘n gereelde basis uit.
Professor Veith het ingestem om ‘n uur aan ons dorp vir mense met vrae af te staan op Woensdag, 6 November 2013 om 18:00 te Pretoriusstraat 112, Mokopane. Hy is bekend vir sy uitleg van Bybelse profesieë en kennis van profetiese boeke. Tydens sy koms hierheen gaan hy ook die Makapangrotte besoek.
Skakel een van die volgende nommers vir meer besonderhede: Crystelle 083 512 5408 of Tanya 076 082 6008.
0 Comments