<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Angelique kom maak modelle touwys

 
News : 01 Nov 2013 273 Viewed 0

Befaamde aktrise en aanbieder van Boer soek ‘n Vrou, Angelique Gerber, was die afgelope naweek in Lephalale as deel van BLCK Industries se werks-winkel vir jong modelle.
Gerber, wat ook haar eie reeks klere ontwerp, was Sondag te sien by die Lephalale Mall waar die meisies hulle nuut-geleerde vernuf op die loopplank gewys het.
“Sondag was die eindproduk van een van ons eerste werkswinkels in die Lephalale area en ons was regtig trots op die passie en deursettingsvermoë waarmee die meisies die hele naweek aangepak het,” sê Deon van Wyk, fotograaf en direkteur van BLCK. 
“Ons professionele span het gesien hoe die meisies in twee dae gegroei het en dit is vir ons ‘n groot voorreg om ons kennis met hulle te deel om sodoende  ‘n sukses van hulle model loopbaan te kan maak. Die span bestaan uit Deon van Wyk (Fotografie en direkteur van BLCK Industries), Lynne de Jager (Mev. SA 2012), Angelique Gerber (aktrise, TV Aanbieder en nou ook Mode Ontwerper), Tarien en Rikus Cronje (CEO’s van Kyna Consili en direkteure van BLCK Industries)”
Die meisies het geleer van fotografie, persoonlike stilering en gedrag en hoe om met gemak voor ‘n gehoor te praat.
Die BLCK span bedank graag vir Ceaser en Louise Armstrong van Big 5. “Hulle het hul deure oop gemaak, hulle plaas beskikbaar gestel, uit hulle pad gegaan en agter die skerms rond gehardloop om alles vir ons en die modelle so gerieflik moontlik te maak. Dankie ook aan Janette Moolman van Lephalale Mall wat ons vriendelik ontvang het en ons die geleentheid gebied het om te wys wat die modelle oor die naweek geleer het.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube