-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Mogol Klub, Lephalale Mall en die Celebrity Cycle Tour gaan Dinsdag 12 November by die Lephalale Mall verskeie aktiwiteite vir die gemeenskap aanbied. Die geleentheid is ten bate van Jumping Kids, ‘n organisasie wat minder bevoorregte kinders van prosteses voorsien.
Verskeie glanspersoonlikhede soos Izak Davel en sporthelde soos Breyton Paulse, Arno Both, FA Meiring, Nick Bester, LJ van Zyl en Helgard Muller gaan deel uitmaak van die Celebrity Cycle Tour wat reeds Maandag 11 November in Hartbeespoort wegspring.
Vandaar ry hulle tot in Lephalale en uiteindelik tot in Polokwane waar Toks en Tjops tydens ‘n lewendige uitsending by Pietersburg Hoërskool die span sal verwelkom. Die fietstoer beoog om R500 000 vir Jumping Kids in te samel. Besighede en individue van die verskeie dorpe wat besoek word sal geleentheid kry om ook hulle bydrae te lewer.
Die fietsryers sal tussen 08:00 en 10:00 Dinsdag-oggend by die Mall wees om saam met die gemeenskap aan die aktiwiteite deel te neem. Die Mogol klub beoog om deur die loop van die dag die verskillende sub-divisies soos karate, boogskiet, pluimbal en vele meer aan die publiek bekend te stel. Vir meer inligting skakel gerus die klub by 014 763 2427.
0 Comments