<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Groot suksesse vir die Spoorsnyers

 
Die onbemande helikopter (drone) word met groot sukses gebruik om renosterstropers vas te trek.
News : 01 Nov 2013 223 Viewed 0

Verskeie renoster stropers in die Lephalale en Thabazimbi omgewing het die afgelope paar weke hulle rieme styfgeloop danksy die spoorsny vernuf van die STTU (Specialized Tactical Tracking Unit), ‘n groep spoorsnyers wat op vrywillige basis ondersteuning aan die plaaslike polisie bied.
Twee verdagtes is naby Diamant gearresteer en verhoed om op ‘n naburige reservaat te jag. ‘n Jaggeweer is in die proses gekonfiskeer. Drie verdagtes is gearresteer in die Rooibokkraal omgewing, ook hier is ‘n wapen en voertuig gekonfiskeer.
Vroeër was die groep ook betrokke by die arrestasie en skuldig bevinding van een van die meester breine agter renosterstropery in Limpopo. Noordelike Nuus het ook berig oor die voorval in die Cumberland omgewing waar ‘n stroper noodlottig gewond is, ook hier was lede van die STTU betrokke.  Nog verdere arrestasies in Northam en Cumberland is ook gemaak. By albei geleenthede was STTU lede betrokke met spoorsny en ondersteuning.
Die eenheid is in 2011 gestig toe ‘n groep spoorsnyers mekaar op ‘n koperdiefstal toneel ontmoet het.
Tans is daar 15 lede waarvan twee dames die administrasie en fondsinsameling behartig. Die span se eerste prioriteit is renoster stropery en plaasaanvalle, maar ander sake soos koperdiefstal en huisbrake kan ook op versoek van die polisie en eienaars van die betrokke eiendom waar die misdaad gepleeg is hanteer word. STTU is nie ‘n teen-stroper eenheid nie, maar kan eerder gesien word as ‘n reaksie eenheid wat op versoek van die polisie of die gemeenskap gratis ontplooi kan word.
Die span het ook onlangs ‘n onbemande helikopter (drone) gekoop wat met groot sukses gebruik word om stropers op te spoor.
Vir meer  inligting besoek  hul webwerf:  www.sttu.org.za. - Valerie Cilliers (valerie@noordnuus.co.za)

 

 

 
 

Van die STTU lede met spoorsny- en aanvalshonde wat tans gehuur word om stropers vas te trek.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube