<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swaar straf vir Boeremag

 
News : 01 Nov 2013 238 Viewed 0

Kobus Pretorius van Mokopane het met sy kop in sy hande gesit en het geskok gelyk toe Regter Eben Jordaan hom Woensdag in die Hooggeregshof in Pretoria 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf opgelê het.
Kobus is saam met sy pa, Dr. Lets Pretorius en sy twee broers, Johan en Wilhelm en nog 14 ander mans skuldig bevind aan hoogverraad in die sogenaamde boere-magsaak - een van die duurste en langste hofsake nog in Suid-Afrika.
Dr. Lets is ook tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis en sy twee ander seuns, Johan en Wilhelm is elk 25 jaar opgelê. Hul moeder, Minnie Pretorius, het glo lank nadat die hof reeds verdaag het nog in haar hofbank gesit en huil. Haar seuns sal ou mans wees wanneer hulle eendag uit die tronk kom.
Op sy Facebook bladsy het Dr. Lets vriende en ondersteuners bedank vir hul bystand. "Ons is oorweldig deur onder-
steunende boodskappe en bede. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om almal wat ons die afgelope 11 jaar ondersteun het uit my hart te bedank. Sonder julle gebede en belangstellende betrokkenheid, sou ons nie staande gebly het nie. Weet net een ding en dit is dat ek daarvan oortuig is dat alles binne die groter bestel van ons Vader plaasvind. Wat sy uiteindelike plan ...is weet ons nie maar dat ons binne Sy wil is weet ons.
"Dit is belangrik om te besef dat dit nie 'n klomp fanatiese kriminele is wat by die Boeremag betrokke was nie, dat niemand dit vir selfverryking gedoen het nie maar dat dit opregte Boere is wat voorbereidings getref het en beplanning gedoen het met die oog op 'n Volkskrisis wat sou kom.
Tans is ons daagliks blootgestel aan so 'n krisis en hoor ons van 'n wrede aanhoudende en meedoënlose Volksmoord wat plaasvind. Ons Volk word verguis, verneder en vermoor. Mag die wêreld vandag kennis neem," het hy geskryf.
Maar regter Jordaan het 'n ander siening van die Boeremag lede gehad. Hy het gesê uit Johan Pretorius se dagboeke is dit duidelik dat hy 'n "opperste rassis" en 'n godsdienstige fanatikus is. Hy het die bomplanters se argument dat hulle in soldate was wat in 'n oorlog gewikkel is verwerp en gesê soldate is nie veronderstel om onskuldige mense dood te maak nie.
Claudia Mokome - 'n jong moeder van Soweto is dood in een van die bomontploffings waarvoor die Boeremag verantwoordelik was.
Cobus Pretorius was glo die meester bomvervaardiger. Maar hy het intussen sy bande met ander Boeremaglede gebreek en in die hof getuig dat hy diepe berou vir sy dade het. Hy praat glo die afgelope tyd nie meer met sy pa en broers nie.
Die land het in April 2002 die eerste keer van die Boeremag se beplande staats-greepplanne gehoor toe die twee Du Toit-broers, André en Mike, en Rooikoos du Plessis in hegtenis geneem is. Die Pretorius broers en hul pa is kort daarna aangekeer.
Die verhoor was een van die duurstes nog ooit in die Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis en het die belastingbetaler by die R36 miljoen gekos. Die verhoor het sowat tien jaar gelede in die Paleis van Justisie begin en is later na die hooggeregshof in Pretoria verskuif. - Jasper Raats

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube