<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Vet prêt saam met glanspersoonlikhede

 
News : 15 Nov 2013 206 Viewed 0

Altesaam R23 000 is hierdie week ingesamel vir die Jumping Kids, ‘n organisasie wat fondse insamel om minder bevoorregte kinders van prostese te voorsien. Die Mogolklub en Lephalale Mall het kragte saamgespan en ‘n heerlike oggend vir laerskole en inwoners van Lephalale aangebied.

Verskeie glanspersoonlikhede soos Izak Davel en sporthelde soos Breyton Paulse, FA Meiring, LJ van Zyl en Helgard Muller het deel uitmaak van die Celebrity Cycle Tour wat reeds Maandag in Hartbeespoort weggespring het. Dinsdag was die span te sien by die Lephalale Mall en het hulle saam met die kinders aan verskeie aktiwiteite wat deur die Mogol klub se sub seksies aangebied is deelgeneem.
Davel het aan Noordelike Nuus gesê hy het besluit om deel te raak van die projek omdat hy dankbaar is teenoor God vir die seëninge in sy eie lewe. Hy sê hy wil graag ‘n verskil maak in kinders se lewens wat nie met gemak kan rondhardloop en speel nie.
Helgard Muller meen ons aanvaar soms as vanselfsprekend dat ons kan loop en ons hande gebruik. Hy sê hy wil graag ‘n bydra maak sodat kinders wat ledemate verloor het ‘n kwaliteit lewe kan lei.
Hy hoop dat die span deur die loop van die projek sowat R500 000 sal kan insamel.
Vir Breyton Paulse is die projek soos hy dit noem ‘n “humbling experience”. Hy het gesê hy, was aangenaam verras oor die vriendelikheid van mense in die Bosveld. “Dit is my eerste besoek aan Ellisras en nie eers een Blou bul ondersteuner het my sleggesê nie,” het hy geskerts. “Mense se harte is regtig oop om kinders te help. Die span waarmee ons ry kom uit baie verkillende agtergronde en dissiplines, maar ons geniet mekaar en ons sien uit na die volgende paar dae se hard trap Polokwane toe.”
Die span het Dinsdagmiddag vertrek na Vaalwater en behoort vandag (Vrydag) in Polokwane aan te kom waar Toks en Tjops tydens ‘n lewendige uitsending by  Pietersburg Hoërskool die span sal verwelkom.
Mogolklub bestuurder, Neels Gerber, het die borge bedank wat die dag en ook die ruim donasie moontlik gemaak het. Verskeie van die klub se subseksies het ook kontant bydraes gemaak.

 

 

 
 

Izak Davel wat deeluitgemaak het van die Celebrity Cycle tour, het verigtinge Dinsdag by die Lephalale Mall afgeskop met ‘n paar van sy bekende liedjies.
Helgard Muller maak nader kennis met van die Rassies.
Paralimpiese goue medalje wenner, Arno Fourie, speel Minute to Win it saam met Kamogero Sebetha van Lephalale Primary.
Breyton Paulse wys vir die Bossie seuns hoe om fiks te bly by die Mogol klub se Bootcamp afdeling.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube