-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Inwoners van Lephalale het met skok verneem van die ongeluk waarin Pastoor Attie van Wyk van die PPK Lighuis ernstig beseer en sy skoonsuster, Frieda Smit van Centurion, oorlede is.
Assistent Pastoor, Hansie Gous, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê dat Pastoor Attie steeds in die hoësorgeenheid in Kloof hospitaal in Pretoria behandel word. Hy het tydens die ongeluk sy borsbeen gebreek en het baie vog op sy longe. Dit is nog nie seker of sy rug in die ongeluk beseer is nie.
Pastoor Attie en Frieda was Donderdagaand oppad terug van Polokwane toe hulle net na 19:00 naby Marken in ‘n stilstaande vragmotor wat dwars oor die pad gedraai was gebots het.
Frieda, wat Sondag aan haar besering dood is, word vandag (Vrydag) in
Centurion begrawe. Op sosiale netwerke is daar gevra dat mense sal bid vir die Pastoor wat altyd bereid is om vir ander te bid.
0 Comments