<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Eerste operasie in nuwe MediClinic

 
Drs Gerhard Kritzinger tydens die heel eerste operasie in die nuwe MediClinic. Foto: Mariëtte Emslie.
News : 28 Nov 2013 147 Viewed 0

Die nuwe MediClinic in Lephalale is sedert die naweek ten volle operasioneel en volgens hospitaal bestuurder, Andries Engelbrecht, gaan dit baie goed. Stap jy deur die hospitaal voel ‘n mens sommer trots om deel te wees van ‘n gemeenskap met so ‘n eersteklas mediese fasiliteit.
Die eerste operasie in die die nuwe teater is Saterdag deur Dr Gerhard Kritzinger en Dr Mariëtte Emslie gedoen. Volgens Kritzinger het dié blindederm operasie seep glad verloop. “Daar is ‘n wonderlike atmosfeer by hierdie hospitaal en dit help baie dat ons nou nie meer so ver hoef te ry om pasiënte te behandel nie.”
Engelbrecht vertel dat die hospitaal baie besig was oor die naweek met meer as 20 pasiënte wat deur die noodgevalle eenheid beweeg het. Hy bedank graag die gemeenskap wat hulp aangebied het met die trek en ook dié wat blomme gestuur het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube