<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Juffrou Mashishi is ‘n ‘Kopskuif Onnie’!

 
Van links is Lebo Thema van Oxford Woordeboeke, Flora Mashishi - onderwyseres van die jaar, Elizma Roets van You/Huisgenoot, Astrid van Wyk van I-School Africa, Carlo van der Merwe van Superspar Mokopane en Johan Vertongen - hoof van Laerskool Krugerpark.
News : 28 Nov 2013 373 Viewed 0

You, Huisgenoot en Drum se besturende redakteur, Elizma Roets, het verlede week al die pad van Kaapstad af gereis om Laerskool Krugerpark se ster-juffrou, Flora Mashishi, se prys aan haar te kom oorhandig. Mashishi is die wenner van You/Huisgenoot se Kopskuif Onnies kompetisie.
“Ons weet onderwys is in die moeilikheid,” het Roets Donderdag tydens die oorhandiging seremonie by Krugerpark gesê. “Daarom het ons met ‘n manier vorendag gekom om waardevolle onderwysers in ons land met tegnologie te help.”
Roets het verduidelik dat die uitgewers 12 onderwysers gesoek het wat uitstaan in die manier waarop hulle hul skole en gemeenskappe dien.
“Ons asems was weggeslaan toe ons Flora se inskrywing sien. In haar tyd as onderwyseres by Laerskool Krugerpark het sy alreeds 6000 kinders se lewens verryk deur aan hulle die gawe van ‘n derde taal te gee.”
Mashishi het gesê dit is vir haar ‘n eer en ‘n voorreg om die toekenning te ontvang. “Van kleins af was dit my droom om eendag die beste juffrou te wees waarvoor kinders kan vra. En hierdie toekenning spoor my net aan om nóg harder te werk.”
Die Krugies is veral opgewonde oor die 20 iPads wat die skool as deel van Mashisi se prys ontvang. Soos Astrid van Wyk van I-School Africa sê: “iPads maak onderwys weer cool.”
Sy het verduidelik dat hierdie tegnologie die speelveld in onderwys heeltemal verander deur die onderwysers se werklading te verlig terwyl dit leerders op ‘n vlak betrek waar hulle tuis voel.
I-School Africa kom bied volgende jaar ook ‘n kursus by die skool aan om te wys hoe die 20 Ipads in die klas gebruik moet word.
As Ster Onderwyser van die Jaar het Mashishi ook ‘n R20 000 kontantbedrag vir haar
skool gewen. Sy wen ook kontant en haar eie iPad en straal behoorlik van trots.
Flora Mashishi bied tans kuns en kultuur asook Sotho aan as vakke.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube