<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

VLU Potgietersrus sluit jaar vrolik af

 
News : 02 Dec 2013 145 Viewed 0

Die Potgietersrus VLU-tak het verlede Donderdag die jaar afgesluit in die ongerepte natuur by Uitloop Tuishuise.
Dames het heerlik saam gekuier en lede se harde werk deur die jaar is beloon met “goody bags” wat gevul was met heerlike verrassings van kaartjies tot ‘n CD.
Nuuskierig soos net ‘n vrou kan wees, kon niemand wag om te loer wat binne-in hierdie sakke op hulle gewag het nie.
Die nuwe Bestuur vir 2014 is ook gekies, en is as volg:  Joan Erasmus - voorsitter, Martie Janse van Rensburg - sekretaresse, Renate Sonemann - tesouriere, Marié Fourie - skakelbeampte, Diedie van der Merwe - beoordelaar sameroepster, Marinda Kirchner - hulp beoordelaar sameroepster, Griet van Staden - addisionele lid, Annette King - addisionele lid, Celia Scheepers - addisionele lid.
Na afloop van die vergadering het dames die geleentheid gehad om op die hoewe rond te stap en die papagaaiboerdery te besigtig.
Die eerste amptelike vergadering vir volgende jaar is geskeduleer vir 16 Januarie om 08:00 vir 08:30 by die Skougronde. Enigiemand is welkom om te kom inval en deel te word van ‘n jarelange suksesvolle organisasie om dames te help om hulle self en hul eie kreatiwiteit te ontdek, maar ook om sommer net deel van ‘n lewenslange vriendskap te word. Vir meer besonderhede, kan Joan Erasmus (voorsitster) geskakel word by 082 782 3766 of Marié Fourie (Skakelbeampte) by 082 786 2820.
VLU Potgietersrus wens al haar lede en die publiek ‘n Geseënde Christusfees en ‘n Voorspoedige 2014 voor.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube