-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Potgietersrus Geloftefeeskomitee bied dié volgende program aan op die plaaslike Gelofte Feesterrein: Maandag, 9 Desember tot Vrydag, 13 Desember: “Boekevat” om 18:30. Op 13 Desember, direk na “Boekevat” Algemene Jaarvergadering, Maandag, 16 Desember, om 09:00: Erediens.
Die “Boekevat” geleenthede word gelei deur ds. Philip Buitendag van die Afrikaanse Protestantse Kerk, Potgietersrus en die Erediens op Geloftedag word gelei deur ds. Francois Marais van die Afrikaanse Protestantse Kerk, Pietersburg. Direk na die Erediens op Maandag 16 Desember, sal dr. Sydney Gregon feesgangers toespreek oor “Die Toekoms van die Geloftevolk in die Nuwe Suid-Afrika”.
Feesgangers sal volgens die feeskomitee weer te staan kom voor die vraag wat dr D.F. Malan op 16 Desember 1949 gevra het tydens ‘n saamtrek by die Voortrekkermonument; “Suid-Afrika, waarheen is jy op pad ?”
“Op 16 Desember 1838, het God uitkoms gegee en die Afrikanervolk - ons Voortrekker-ouers en ons, as hul nageslag. Deur die aflê van daardie Gelofte, is elkeen van ons vandag nog onlosmaaklik verbind om hierdie dag te vier “soos ‘n dankdag” tot eer en verheerliking van God,” sê die feeskomitee.
Feesgangers word versoek om asseblief eie stoele saam te neem. Rig enige navrae aan Phillip van der Walt by sel: 082 675 5810.
0 Comments