-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Noordelike Nuus se personeel het verlede Vrydagaand etlike toekennings ontvang tydens LiN Media se spog toekenningsgeleentheid by Shangri-La Country Hotel in Modimolle.
Beoordelaars was veral beïndruk met die deeglike en objektiewe verslaggewing, die kundige gebruik van foto’s, die treffende ontwerp elemente in advertensies en bladuitleg en die treffendheid van LiN koerante se voorblaaie.
Die bekende joernalis, Barry Bateman, het gehelp om die fotokompetisie te beoordeel waar Valerie Cilliers van die Noordelike Nuus se Lephalale kantoor ‘n tweede plek behaal het in die Sport Fotografie afdeling. Sy is ook benoem as finalis in die Nuusfoto van die Jaar kategorie.
Beoordelaars in die Bemarker van die jaar kompetisie, Karen Hardman van Capro en Erika Sparks van Ramsay Media het gesê Noordelike Nuus se Mokopane bemarker, Cindy Pretorius, was tot op die nippertjie loshande voor in die wedloop vir die Bemarker van die Jaar titel. George Janse van Rensburg van die Zoutpansberger het op die ou einde met die louere weggestap, maar nie sonder ‘n paar kneusplekke nie. Cindy waarsku dat sy dit nie volgende jaar so maklik vir haar opponente gaan maak nie! Sy kan egter kompetisie verwag van ons Lephalale tak se Engela Cilliers, wat hierdie jaar ook onder die finaliste was.
Dolla Költzow van Noordelike Nuus se Lephalale kantoor het vir die tweede jaar ‘n toekenning ontvang vir haar advertensie ontwerpe.
In die harde nuus en menslike belang afdelings was Mokopane se Jasper Raats onder die finaliste en hy het ook ‘n tweede plek behaal in die sportafdeling vir sy hengel rubriek: So Tussen die Lyne.
Noordelike Nuus uitgewer, Helena Raats, is ook benoem vir die 2012 Kersbylae.
LiN Media bestaan uit agt uitsoek koerante in Limpopo wat deur onafhanklike uitgewers regoor die provinsie gepubliseer en versprei word. Hierdie koerante is Die Pos, The Beat, Kwêvoël, Noordelike Nuus, Limpopo Mirror, Kruger2Canyon, Laeveld Bulletin en die Zoutpansberger.
Limpopo Mirror is aangewys as die
Limpopo koerant van die jaar.
0 Comments