-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dit gons al maande oor die spoke by die SAVF Maroela-oord.
Elke maand verskyn daar uit die bloute ‘n geskenkpakkie vir elk van die 31
inwoners van die Oord.
By ‘n funksie wat verlede Donderdag daar gehou is, is die spoke wat verantwoordelik is vir die groot misterie onthul.
Lede van die gemeenskap kon deur die loop van die jaar ‘n inwoner “aanneem” en sorg vir ‘n verrassingspakkie elke maand. By die funksie kon die inwoner en spook mekaar vir die eerste keer ontmoet en daar is heerlik saam gekuier.
Die bejaardes het hulle spoke ook verras met ‘n geskenkpakkie vir elk.
Volgens die Oord se personeel was die ‘gespokery’ ‘n groot sukses en sal hulle beslis volgende jaar weer so maak.
0 Comments