-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Potgietersrus CVO Skool se hoërskoolleerlinge het die skoolvakansie breëbors afgeskop toe hulle op die laaste skoolaand vereer is met toekennings vir die jaar se harde werk.
Lean Lensley het die skool se staatmakerstrofee tydens die toekenningsfunksie ontvang en Angelique le Grange en Johan van Eeden het elk ‘n sertifikaat ontvang vir 100% skoolbesoek van Graad 8 tot Graad 12.
Die Afrikaanse Taaltrofee is aan Ida Human oorhandig en Pieter van der Merwe het die redenaarstrofee ontvang nadat hy die beste presteer het by die Noord Transvaalse streeksredenaarskompetisie. Pieter en Elizmay le Grange deel ook die kultuur wisseltrofee.
Willem Barnard en Elzaan van der Merwe is aangewys as die beste hekkiesatlete met Jan-Hendrik Putter en Lumari Smit as die beste veldatlete.
Kobus van Eeden is die beste seuns middelafstand atleet en Ilze-Mari van Schalkwyk die beste dogter in die middelafstande.
Onder die dogters kraai Ilze-Mari ook koning in die naelope en Johan Botha is as die beste seuns baanatleet.
Willem Barnard en Belica van Staden is aangewys as die Sportseun en Sportdogter van die Jaar.
Lourier toekennings vir leerlinge wat erekleure in kultuur, sport en akademie ontvang het is toegeken aan: Angelique le Grange, Lerize Lenslie, Rikus Muller en Johan van Eeden.
Johan van Eeden is ook aangewys as die skool se Dux leerling.
Saam met Angelique le Grange en Willem Barnard ontvang Johan ook die Soli Deo Gloria Toekenning.
Hierdie toekenning kan slegs aan matriek leerlinge gemaak word. Dit werk op ‘n punte stelsel wat die leerling se akademiese, sport en kultuur prestasies weeg.
0 Comments