<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

E-tol – so maak mens

 
News : 13 Dec 2013 78 Viewed 0

Met die omstrede e-tol stelsel wat verlede Dinsdag in Gauteng in werking gestel is, is motoriste in die Bosveld wat Gauteng wil besoek steeds onseker oor hoe hulle deur die stelsel geraak gaan word. Noordelike Nuus het Sanral (The South African National Road Agency) genader vir raad.
Besoekers aan Gauteng wat nie gereeld Gauteng paaie gebruik nie kan volgens Sanral ‘n dagpas koop wat vir 24-uur geldig is. Een persoon is geregtig daarop om 12 keer deur die loop van die jaar so ‘n dagpas aan te koop. ’n Dagpas kos R50 vir ‘n ligte voertuig en kan op die webtuiste www.sanral.co.za aangekoop word. Sanral se tolvrye nommer is 0800 726 725 en hier kan 'n operateur motoriste help om 'n dagpas te bekom. Of besoek 'n e-tol kliëntedienssentrum waarvan die naaste aan die Bosveld gemeenskap waarskynlik die een in die Kolonnade winkelsentrum in Pretoria is. Van daar is die eerste e-tol punt net verby die Stormvoël afrit op die N1 met verskeie punte tot in en om Johannesburg. 'n Dag pas is geldig vir 'n maand nadat dit aangekoop is en tree in werking sodra die motor deur die eerste e-tol punt beweeg.
Gereelde besoekers aan Gauteng kan ook op dieselfde manier registreer vir ‘n e-tol skyfie om sodoende in aanmerking te kom vir afslag op tol fooie. Hiervoor het jy jou ID, motorregistrasie, kontak besonderhede, asook R50 nodig. Indien jy nie ‘n dag pas of ‘n e-tol skyfie aangekoop het voordat jy deur die e-tol punte beweeg het nie, moet jy jou rekening binne sewe dae vereffen, dit kan ook op die webblad, per telefoon of by dienssentrums gedoen word. Indien jy nie binne sewe dae betaal nie, sal jy ‘n rekening in die pos ontvang.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube